Die Kos Revolusie: Superkos Vir Superkinders


AUTHORS:
Professor Tim Noakes, Jonno Proudfoot & Bridget Surtees
GENRE:
Kookboek, Kinders se Gesondheid
RRP:
R330
ISBN/EAN:
9781928230281
EXTENT:
360bl
RELEASE DATE:
November 2015

ABOUT THE BOOK:

Superkos Vir Superkinders, die opvolgtitel van Die Kos Revolusie, is ’n kookboek oor ‘ware kos’ wat ouers raad gee oor dieet en voeding, sowel as resepte wat hulle in staat stel om hulle kinders so gesond en slim as moontlik groot te maak.
Die Kos Revolusie het die wêreldwye vetsug-epidemie aangespreek met ’n revolusionêre benadering tot eet: dit het diepgewortelde oortuigings uitgedaag, was (en bly steeds) ’n rekordverkoper regoor Suid-Afrika, en het mense se lewens verander. Met Superkos Vir Superkinders beoog die skrywers ’n revolusie in kindervoeding. Hulle glo dit is tyd om die kindervoedselbedryf sowel as ons uitgediende aannames daaroor uit te daag – tyd om ons kinders die beste voeding en die beste wegspring in die lewe te gee.
Superkos Vir Superkinders is nie ’n Banting-kookboek nie, en gaan nie oor ‘geen-koolhidrate’ voeding vir kinders nie. Maar deur ’n ‘ware kos’ eetplan wat laag in suiker en verfynde koolhidrate is, te bepleit, verteenwoordig dit Die Kos Revolusie se volgende stap om die wêreld te verander. (Nog meer sal volg!)

ABOUT THE AUTHOR:

Professor Tim Noakes is tans die mees vooraanstaande wetenskaplike in Suid-Afrika, en die leier van die oorspronklike Kos Revolusie. Jonno Proudfoot is ’n koskenner, entrepreneur en avonturier, en die dryfkrag agter die handelsmerk. Bridget Surtees is geregistreerde dieetkundige wat spesialiseer in kindervoedingkunde, met 20 jaar se ondervinding by groot hospitale in Suid-Afrika, Londen en Sydney.

REVIEWS:

"Hierdie pragboek is prakties en inspirerend en bevat smullekker resepte sowel as wetenskaplike navorsingsresultate." – Rooi Roos

"Dit is nooit te vroeg om gezonde eetgewoontes vir jou kinders aan te leer nie… Hoekom nie die ongezonde kitsprodukte met ’n heilzame, tuisgemaakte spyskaart vervang nie? Jy sal verbaas wees om te sien hoe lekker jou kind en sy maatjes aan… Die resepte is eenvoudig, bevat vars bestanddele en is boonop heerlik." – Die Burger



FANTASTIESE VOEDING VIR KINDERS!

Buy the book